Kippen-Roomsoep
Die oorspronklike resep vir hierdie sop vereis ‘n bossie gemengde kruie, maar die tradisionele kruiesakkie deug ewe goed.
botter vir verbruining
1 1/2 kg hoender (kip)
2 1/2 liter hoenderaftreksel (kippenbouillon)
2 middelgroot uie, in skywe gesny
2-3 middelgrote geelwortels, in blokkies gesny
1 kruiesakkie (3 takkies pietersielie, 1 takkie tiemie (tijm), 1 lourierblaar)
250 g gaar rys
15 ml botter
knippie gemaalde foelie
250 g kokosmelk* of melk
2 eiergele
250 ml room
varsgerasperde neutmuskaat
Smelt die botter in ‘n swaarboomkastrol (braadpan met dikke bodem). Voeg die hoender by en verbruin liggies. Voeg die hoenderaftreksel, uie, wortels en kruiesakkie by. Bedek en prut 2 uur lank of tot die hoender sag is.
Verwyder die witvleis van die hoender en plaas dit eenkant. Plaas die rest van die hoender in die kastrol terug en prut voort. Plaas die witvleis, die rys, 15 ml botter en foelie in ‘n vermenger of voedselverwerker en kap fyn. Plaas in die kastrol. Prut 30 minute lank. Voeg die kokosmelk of melk by en verhit tot kookpunt.
Klop die eiergele en room saam en skep dit in ‘n groot, diep opdienskottel. Giet die sop in die skottel, rasper die neutmuskaat bo-oor (erboven) en sit onmiddellik voor.
* Nota: Vir kokosmelk laat trek ‘n mens 125 ml gedroogde klapper (kokos) 1-2 uur lank op 250 ml warm melk (nie kook melk nie). Sif (zeef) dit en druk al die vloeistof uit die klapper.
Bron: Ingezonden door Koos MANDERS.
14 juli 2009
Printen
Soep · Voorgerecht - Warm · Zuid-Afrika |
Kip, Kokos


0 reacties
Wees de eerste en vul onderstaand formulier in.
Lever commentaar