Bobotie (Ovenschotel met Gehakt)
(8 pers.)
2 pond gemaalde skaaps- of beesvleis (gehakt van schapen of rundervlees)
1 groot ui, fyngekap
2 knoffelhuisjes (knoflookteentjes), baie fyn gekerf
2 pisangs (bananen), fyngekap
2 kookappels (moesappels), fyngekap
2 eetlepels botter
1 dik sny (snee) witbrood
1 koppie melk
3 eiers
2 teelepels sout
1/4 teelepel peper
1 teelepel kurkuma (geelwortel)
1-2 eetlepels kerriepoeder (na smaak)
2 teelepels suiker
1 eetlepel suurlemoensap (citroensap) of asyn
12 stuks gekapte amandels
‘n paar lourierblare
1/2 koppie rosyne sonder pit (kan weggelaat word)
Braai die uie tot ligbruin in die botter. Week die brood in die melk, druk die melk weer uit en hou die melk apart.
Meng die vleis, gebraaide uie, brood met 1/2 koppie van die melk, 2 van die eiers, sout, peper, kerriepoeder, suiker, suurlemoensap, amandels en rosyne, appels en pisangs.
Skep die mengsel in ‘n gesmeerde bakskottel (vuurvaste schaal). Klits die derde eier, voeg daar nog 1/2 koppie melk by en giet dit bo-oo (over) die vleis. Steek ‘n paar lourierblare in en bak tot gaar (1 1/2 – 2 ure) in ‘n stadige oond (in een matige warme oven, 300 °F (= ca. 150 °C).
Eet met rys, appelmoes en chutney.
Geniet hierby ‘n Paarl Claret (Zuid-Afrikaanse wijn).
Bron: Ingezonden door Koos MANDERS.
14 juli 2009
Printen
Gehakt & Worst · Hoofdgerecht · Zuid-Afrika |
Amandelen, Appels, Bakbananen, Rozijnen


0 reacties
Wees de eerste en vul onderstaand formulier in.
Lever commentaar